Aktiwiteite
Die SAVLU bied aan sy lede 'n verskeidenheid van opvoedkundige, prettige geleenthede en inligtingsessies wat almal daarop gemik is om hul kennis en vaardighede te verbeter. Kompetisies word op alle vlakke gehou om lede aan te moedig omhul vaardighede te verbeter en te toets.
Van die gereelde aktiwiteite:
-
Maandelikse takvergaderings.
-
Gereelde streeksvergaderings.
-
Jaarlikse streeks konferensies.
-
Jaarlikse nasionale kongres.
-
Geleenthede om die jaarlikse ACWW internasionale kongres by te woon.
-
Somerskole - die geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer en nuwe vriende te maak.
-
Werkswinkels vir spesifieke vaardighede of kunsvlyt.
Van die vaardighede wat jy sal leer:
-
Kulinêre.
-
Gebak.
-
Brei.
-
Hekel.
-
Borduurwerk.
-
Handwerk kursusse in mosaïek, kralewerk, pottebakkery, macrame ens.
-
Leierskapontwikkeling.
-
Funksie beplanning.
-
Kommunikasie.
Elkeen van hierdie gebeure word met groot omsigtigheid en aandag gereël, en sluit inspirerende sprekers, inligtingsessies oor gesondheid, sekuriteit en veiligheid, kinders, regs- en verbruikerskwessies, kulturele aktiwiteite, optredes van bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, praktiese demonstrasies deur kundiges in 'n verskeidenheid van velde en baie pret!